SKOOLLIED
Ons skoollied is gebaseer op die skool se leuse en verwoord kragtig dit waarvoor ons ons beywer. Dit is amptelik geskryf en getoonset deur ‘n komitee bestaande uit personeellede en is op 30 Mei 1989 amptelik in gebruik geneem.
SKOOLWAPEN
Ons treffend eenvoudige skoolwapen bevat twee kern motiewe in silwer teen ‘n agtergrond van groen en pruimrooi.
Die sentralemotief, ‘n antieke stoel, simboliseer die verwerking en oordrag van kennis.
‘n Getande dwarsbalk verteenwoordig die kanteel of borswering van ‘n brug (vesting) en hou historiese verband met die oorspronklike plaasnaam Stellenburg soos dit in 1705 geregistreer is in die naam van Johan Blessius. Gesamentlik dui die twee simbole op:
• Die intellektuele weerbaarheid van diegene wat oor kennis en dinamiese denke beskik;
• Die primêre funksie van die skool as ‘n veilige vesting wat intellektuele, geestelike en fisiese ontwikkeling bevorder.
Die leuse Vivat Scientia beteken: “Laat kennis leef”. As sodanig bevestig dit die strewe om kennis oor te dra en te bemeester op ‘n wyse wat selfstandige, produktiewe denke bevorder.