Die MTBS-paviljoen is ‘n skouspel wat geen toeskouer durf mis nie. Hierdie atletiek-/paviljoenbyeenkoms is die grootste in die Noordelike voorstede en is al uitgesaai op SABC 2 en kykNet.

Stellenberg staan aan die begin van elke skooljaar behoorlik stil vir drie weke. Elke Stellie kan nie wag om ‘n sitplek te kry op die paviljoen nie. Leerders staan in rye om deel te wees van hierdie welbekende atletiek-/paviljoenbyeenkoms tussen

D.F. Malan, Tygerberg, Bellville en Stellenberg.

Stellenberg-paviljoen (tussen 600 – 650 leerders) vestig ‘n trotse eensgesindheid onder die leerders, wat jou hoendervleis en trane gee wanneer jy hul GEES ervaar.

IMG 7548 800x533

IMG 4327 1280x853