Daar is 'n aantal kompetisies waaraan ons deelneem.  Dit begin by die ATKV, daarna Oppie Tong Af, Radikaal en Eisteddfod.

Die kompetisies word oopgestel vir enige leerder wat Afrikaans Huistaal, Addisionele Taal of selfs in Engels (behalwe ATKV) wil deelneem.

Daar is ook 'n verskeidenheid kategorieĆ«, soos:  voorbereid, onvoorbereid, beredenerend, motiverend en groepredenaars.

Ongelukkig moet leerders self betaal vir die onderskeie kompetisies.  Dit plaas 'n demper op deelname aangesien hierdie kompetisies nogal duur kan wees.

 

Kontak mev. Erna Nel
Tel: 021 919 1029, of e-pos:  This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.