Ons skool neem elke jaar deel aan ten minste vier debatkompetisies; en staan bekend as gedugte teenstanders.

Die eerste kompetisie is die WOW-Debatkompetisie, wat in Maart in Stellenbosch plaasvind - as deel van die WOORDFEES.  Twee van ons seniorspanne (3 leerders elk) neem jaarliks daar deel.

In Mei-maand kom die Dink-of-Sink Forumdebatkompetisie aan die beurt, waar een junior- en een seniorspan ons verteenwoordig.

Die jaarlikse ATKV-Debatkompetisie is die grootste kompetisie op ons debatkalender.  Elke skool mag 8 seniorspanne (2 leerders elk) en 8 juniorspanne (3 leerders elk) inskryf.  Die eerste rondte van hierdie kompetisie vind elke jaar aan die begin van Mei plaas, waarna die Wes-Kaap Finaal aan die einde van Mei; en die landswye Finaal in Augustus plaasvind.

Die ATKV-kompetisie vereis intense navorsing, voorbereiding en oefening.  Hierdie is 'n aktiwiteit wat vaardighede aanleer wat nie net met mondeling help nie, maar ook later met navorsing - veral op universiteit.  Dit is beslis 'n aanbeveling indien leerders Regte wil gaan studeer.

In 2018 het 'n paar van ons spanne (senior- sowel as juniorspanne) na die Wes-Kaap Finaal deurgedring; en een van ons seniorspanne het ook aan die landswye Finaal deelgeneem.

Ons laaste debatkompetisie elke jaar is die Interskole Debatkompetisie in Augustus, wanneer een junior- en een seniorspan teen Hoërskool Durbanville kragte meet.  Verlede jaar het beide ons spanne geseëvier!

Mev. Zandra Duvenhage (This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.) is die organiseerder en afrigter.

 AFRIKAANSE DEBAT 6 x 9 No Frame1

 

 

 

Vir Gebruikers

Log in

Login to your account

Username *
Password *
Remember Me
Top