25 Jaar se legendariese bydraes van Stellies het die Hoërskool Stellenberg uitgebou tot 'n trotse instelling met suksesse op vele terreine.
Die tyd het aangebreek om 'n volwaardige Oud-Stelliebond bekend te stel. U en u Oud-Stellievriende word genooi na die bekendstellingsaand van die Oud-Stelliebond.
● Venue: Hoërskool Stellenberg Skoolsaal
● Datum: Donderdagaand 5 Mei 2011
● Tyd: 19:00
● Verwysing: Oud-Stelliebondaand
● RSVP: Donderdag 28 April 2011 by pretoriuss@stellenberg.org.za of faks 021-919-1029.
Stellenberg Oud-Stellies bied ook die volgende geleenthede en Reünies vanjaar aan:
● 21 Mei 2011 - Die 2001-Oud-Stelliegroep hou 10 Jaarreünie in Aktiwiteitsentrum.
● 13 Augustus 2011 - Interskole teen Durbanville by Durbanville: oud-Stellies word genooi na 'n saamtrek na die 0/19 A-Rugbywedstryd by Stellenberg Funksielokaal.
● 21 en 22 Oktober 2011: Die 1991-Matriekgroep hou 20 Jaarreünie by Stellenberg Funksielokaal en Skoolsaal op die twee onderskeie aande.
Hou die spasie dop vir meer inligting. Alle Oud-Stellies kan hul kontakdata; e-posadresse en matriekjaar aanstuur na: pretoriuss@stellenberg.org.za.
Ons sien uit om julle by die onderskeie geleenthede te ontvang.