Hoërskool  Stellenberg
Stellenberg  High  School
Hoërskool  Stellenberg        Stellenberg  High  School

laat kennis leef

Our Values

F I R E
FAITH • INTEGRITY • RESPONSIBILITY • EXCELLENCE

Achievements

We are honoured to share with you the well deserved performances of our top achievers.

Contact Us

Tel. 021 919 1029
Facebook 
e-mail: 
This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.

Stellenberg is vanjaar 30 jaar oud en verskeie feesvierings en aktiwiteite word vir die jaar beplan.

Die eerste belangrike aktiwiteit op ons kalender is die Stellenberg-30 jaar-reunie-gholfdag wat op Vrydag 26 Februarie, by die Bellville gholfklub plaasvind. 

Hierdie dag is 'n wonderlike geleentheid vir die “Old Boys” om op 'n lekker, informele manier bymekaar te kom.

Ons benodig 32 vierballe en wil soveel as moontlik van die “Old Boys” betrek.  Die dag word egter nie net gereserveer vir “Old Boys” nie.  Ons nooi ook oud-ouers en enige vriend van die skool, om deel te hê aan  dag.

Kliek hier vir die uitnodiging. 

Kontak Pierre du Preez gerus vir enige navrae:  083 234 3984 of This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.

 

“FROM CHICKS TO CHICKENS”

 

 The Stellenberg High School Student Council welcomed this year’s grade 8 learners with great enthusiasm.  The reception and induction programme started for all grade 8’s on Monday, 11 January.

The theme for 2016 is “from chicks to chickens”.  The idea is that the learners will develop from a chick to a fully-fledged chicken by the end of the week.  The aim of the reception and induction programme is to convey everything that the new grade 8’s need to know, in an exciting manner.  The Student Council want to make the transition period easy and enjoyable.

The activities for the week include: a swimming gala, sing songs, etiquette classes, “boeresport”, an athletics meeting and a stay awake on Saturday night at the school.  The programme officially ends on Sunday morning and on Monday, the learners will formally be inaugurated as fully-fledged “Stellies” during a blazer ceremony held in the assembly period.

 

Graad 11-leerder, Ruben Scholtz, van die Hoërskool Stellenberg, het deelgeneem aan die Trans-Agulhas.  Hierdie wedren met rubberbote word gedoop, “ The World’s Toughest Inflatable Boat Challenge”.

Die wedren begin elke jaar in Plettenbergbaai en eindig 5 dae later in die Strand.

  • Fase 1 vanaf Plettenbergbaai tot Mosselbaai:  Totale afstand van 188,5 km
  • Fase 2 vanaf Mosselbaai tot Stilbaai:  86 km
  • Fase 3 vanaf Stilbaai tot Struisbaai:  161 km
  • Fase 4 vanaf Struisbaai tot Uilkransmond / Gansbaai:  87 km + 24 km
  • Fase 5 vanaf Gansbaai tot by die Strand 131 km.
  • Totale afstand:  677,5 km

Ruben (16 jaar oud en die jongste “Pilot”) het saam met een van ons ouers, Mnr. Luhann Koen, in die Novice klas (nuweling kategorie) deelgeneem.
Ruben wen ‘n verstommende 4/5 fases.  Hy eindig algeheel tweede in die “King of the Waves-kompetisie” ( een sekonde agter die voorloper) en eindig algeheel 3de in die Novice klas!

Sy ondersteuningspan sluit van ons ouers in, asook huidige leerders, Jean Craythorne, Tinus Geldenhuys en Corne Geldenhuys.
Twee oud-leerders het ook deelgeneem:  Wade Ball, Bobby Shaw en Pierre Rossouw.
Oud-leerder Christiaan Kriel moes ongelukkig onttrek vanweë ‘n kniebesering!

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN
  • 100% Slaagsyfer
  • 423 Individuele vakonderskeidings
  • 89,5% Baccalaureus vrystelling
  • 2 Kandidate behaal 8-vakonderskeidings
  • 7 Kandidate behaal 7-vakonderskeidings
  • 46 Kandidate behaal A-gemiddeldes
  • Top kandidaat is Annemarie Wust met 93,5%
Baie geluk aan die matrieks en personeel met hierdie uitstekende uitslae.
 

Rooi Rose se inkleur-tafelloper het gedurende die afgelope eksamen ‘n besonderse rol gespeel by die Hoërskool Stellenberg.

Die personeel het dit met ‘n sakkie inkleurpenne op een van die tafels in die personeelkamer gesit.  Aanvanklik was dit die gesoute inkleurders wat hulle merk kom maak het, maar gou het dit vir baie ‘n stukkie terapie en gesellige ontlaai-aktiwiteit tydens die aflossessies geword.

Vele het geteken en ingekleur – sommige vir die eerste keer sedert hulle eie skooldae.  Ander het ge-oe en ge-aa, gekritiseer en raadgegee.  So is daar geskets en geskerts (hier en daar geblerts!)  en lekker gekuier met mense by wie jy deur die jaar nooit uitgekom het nie.

Dankie, Rooi Rose, vir hierdie saamwerk-sirkel-kunswerk, wat ons nou na aan die hart lê.  Met julle hulp kan ons die ou eksamen-swaarkry met lekkerkry, klaargekry!

Geskryf deur Marianna Maré (musiekonderwyseres by die Hoërskool Stellenberg)

Vir Gebruikers

Log in

Login to your account

Username *
Password *
Remember Me
Ons voorsien gehalte-onderwys aan leerders
Top