Hoërskool  Stellenberg
Stellenberg  High  School
Hoërskool  Stellenberg        Stellenberg  High  School

laat kennis leef

Our Values

F I R E
FAITH • INTEGRITY • RESPONSIBILITY • EXCELLENCE

Achievements

We are honoured to share with you the well deserved performances of our top achievers.

Contact Us

Tel. 021 919 1029
Facebook 
e-mail: 
This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.

Die Hoërskool Stellenberg se jaarlikse uitnodigingsbyeenkoms was weereens ‘n besonderse geleentheid.  Stellenberg se atlete het teen die atlete van HTS Drostdy, HMS Bloemhof, Paul Roos Gimnasium, Hoërskool Durbanville en Hoërskool Porterville deelgeneem.

Die doel van hierdie byeenkoms is om die atlete kompetisie-fiks te kry deur deel te neem teen sterk atlete van ander skole. ‘n Gesonde “kompetisie-atmosfeer” word tussen die deelnemende skole geskep, maar daar word ook hegte vriendskappe gesmee.

Hoërskool Stellenberg was die wenner van die spankompetisie met 943 punte.  Hulle is gevolg deur HTS Drostdy (667), HMS Bloemhof (641), Paul Roos Gimnasium (565), Hoërskool Porterville (320) en Hoërskool Durbanville (239).

Die beste prestasie vir dogters is deur Carla Muller (HMS Bloemhof) behaal vir haar 90mH, 300mH en 100m met ‘n gekombineerde ASA-puntetotaal van 2324 punte.

Die beste prestasie vir seuns was Angelo Davids (HS Stellenberg) vir sy 100m, 200m en verspring met ‘n totaal van 2227 ASA-punte.

Ons hoop dat hierdie byeenkoms ‘n mooi tradisie sal raak waarna ons elke jaar kan uitsien.

Vir die reëls van die kompetisie, kliek HIER.

Vir 'n inskrywingsvorm, kliek HIER.

 

Baie geluk aan Danelle Lochner en Nichole Taljaard wat hul onderskeie universiteite se netbalspanne gehaal het.  Beide van hulle het Vrydagaand, 15 Januarie, proewe gespeel. Danelle is in die “Free State Crinums” (Universiteit Vrystaat) se span opgeneem.  Nichole het die “Southern Stings” (Universiteit Stellenbosch) se  groep gehaal. 

Danelle het saam met die huidige Protea-kaptein, Maryke Holtzhausen, proewe gespeel en dit was sekerlik  vir haar ‘n wonderlike ondervinding.  Sy behoort nog baie  by dié  ervare Protea- speelster te leer.  Nichole sal vanjaar dieselfde baan as Adele Niemand, die vurige Protea- verdediger, deel.  Adele het vanaf Bloemfontein verhuis en sal vanjaar die “Southern Stings” verteenwoordig. Die Brutal Fruit Cup sal op Supersport uitgesaai word. Ons wens Danelle en Nichole alle sterkte toe en mag hulle vanjaar n besondere netbalervaring hê.

Hoërskool Stellenberg sal hulle wedstryde ondersteun en kan nie wag om hulle in aksie te sien nie!

                                 

Na die eerste week van skool, is die nuwe Gr. 8’s tydens ‘n saalbyeenkoms ingehuldig as volwaardige Stellies.  “Van kuikens tot hoenders”.  Dit was die tema, met die einddoel dat elke graad 8-leerder van ‘n kuiken tot ‘n volwaardige hoender sal ontwikkel.  Die SR wou die oorgansperiode vir hulle so maklik en opwindend maak.

Die Gr.8’s het tydens ‘n saalbyeenkoms hul graad 8-liedjie aan die Gr. 11 en 12-leerders gesing.  Daarna kon hulle vir die eerste keer hul skoolbaadjies aantrek. 

Hierdie 313 Gr. 8’s is ‘n lewendige, entoesiastiese groep wat trots is op hulle nuwe skool.

Vir Gebruikers

Log in

Login to your account

Username *
Password *
Remember Me
Ons voorsien gehalte-onderwys aan leerders
Top