Hoërskool  Stellenberg
Stellenberg  High  School
Hoërskool  Stellenberg        Stellenberg  High  School

laat kennis leef

Our Values

F I R E
FAITH • INTEGRITY • RESPONSIBILITY • EXCELLENCE

Achievements

We are honoured to share with you the well deserved performances of our top achievers.

Contact Us

Tel. 021 919 1029
Facebook 
e-mail: 
This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.

                                                

Die 22ste MTBS-atletiekbyeenkoms is gehou op Vrydag, 12 Februarie 2016 by die Parow-atletiekbaan.  Die Hoërskool DF Malan, Tygerberg, Bellville en Stellenberg het mekaar die stryd aangesê.

Die atlete was goed voorberei en gefokus.  Stellenberg het die atletiektrofee vir die vierde agtereenvolgende jaar met ‘n totaal van 1 300 punte gewen. Hoërskool Bellville het 1 039 punte behaal, DF Malan 974 punte en Tygerberg het 795 punte behaal.

Eugene Kleinhans (Stellenberg) het die beste prestasie in drie items gelewer (Victor Lodorum).  Hy het 2 450 ASA-punte behaal.  Angelo Davids (Stellenberg) het die beste seunsprestasie gelewer.  Hy het 880 ASA-punte in die O/17 100m behaal.

Stellenberg het die meeste punte in die Junior en Senior-kategorieë behaal, asook die hoogste punt in die onderskeie ouderdomsgroepe.  Hoërskool Stellenberg het die Aflostrofeë ook gewen.

Alhoewel daar nie georganiseerde sang was nie, het al vier skole hulle atlete met hope gees en entoesiasme aangemoedig en ondersteun.

 

 

Die Hoërskool Stellenberg se jaarlikse uitnodigingsbyeenkoms was weereens ‘n besonderse geleentheid.  Stellenberg se atlete het teen die atlete van HTS Drostdy, HMS Bloemhof, Paul Roos Gimnasium, Hoërskool Durbanville en Hoërskool Porterville deelgeneem.

Die doel van hierdie byeenkoms is om die atlete kompetisie-fiks te kry deur deel te neem teen sterk atlete van ander skole. ‘n Gesonde “kompetisie-atmosfeer” word tussen die deelnemende skole geskep, maar daar word ook hegte vriendskappe gesmee.

Hoërskool Stellenberg was die wenner van die spankompetisie met 943 punte.  Hulle is gevolg deur HTS Drostdy (667), HMS Bloemhof (641), Paul Roos Gimnasium (565), Hoërskool Porterville (320) en Hoërskool Durbanville (239).

Die beste prestasie vir dogters is deur Carla Muller (HMS Bloemhof) behaal vir haar 90mH, 300mH en 100m met ‘n gekombineerde ASA-puntetotaal van 2324 punte.

Die beste prestasie vir seuns was Angelo Davids (HS Stellenberg) vir sy 100m, 200m en verspring met ‘n totaal van 2227 ASA-punte.

Ons hoop dat hierdie byeenkoms ‘n mooi tradisie sal raak waarna ons elke jaar kan uitsien.

Vir die reëls van die kompetisie, kliek HIER.

Vir 'n inskrywingsvorm, kliek HIER.

 

Vir Gebruikers

Log in

Login to your account

Username *
Password *
Remember Me
Ons voorsien gehalte-onderwys aan leerders
Top