Hoërskool  Stellenberg
Stellenberg  High  School
Hoërskool   Stellenberg        Stellenberg   High   School

Die MTBS-paviljoen is ‘n skouspel wat geen toeskouer durf mis nie. Hierdie atletiek-/paviljoenbyeenkoms is die grootste in die Noordelike voorstede en is al uitgesaai op SABC 2 en kykNet.

Stellenberg staan aan die begin van elke skooljaar behoorlik stil vir drie weke. Elke Stellie kan nie wag om ‘n sitplek te kry op die paviljoen nie. Leerders staan in rye om deel te wees van hierdie welbekende atletiek-/paviljoenbyeenkoms tussen

D.F. Malan, Tygerberg, Bellville en Stellenberg.

Stellenberg-paviljoen (tussen 700 – 800 leerders) vestig ‘n trotse eensgesindheid onder die leerders, wat jou hoendervleis en trane gee wanneer jy hul GEES ervaar.

Stellenberg is ook die trotse wenners van die sang-/paviljoenbeker vanaf 2009 tot 2014. Ses jaar agtereenvolgens.

Kyk gerus na die Stellenberg wen-intro’s van:

2009 – Ocean Fever

2010 – Super Troopers

2011 – Medical Madness

2012 – Under Construction

2013 – Celebration Generation

2014 – Wacky Weather

Die gewilde kykNet program, Kwêla, het Stellenberg in 2013 besoek en ‘n opname gemaak van Celebration Generation.

Kontak: Me. B. Steenekamp (This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.) of Mev. M. Gildenhuys (This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.) by 021 919 1029.

Vir Gebruikers

Log in

Login to your account

Username *
Password *
Remember Me
Top