Hoërskool  Stellenberg
Stellenberg  High  School
Hoërskool  Stellenberg        Stellenberg  High  School

Vanjaar neem Stellenberg aan drie debatkompetisies deel. Die WOW-Debatkompetisie vind op 12 Maart 2016 in Stellenbosch plaas. Slegs een senior span (drie leerders) kan inskryf. Verlede jaar het Hoërskool Stellenberg se span tweede gekom in die afdeling vir ervare debatteerders.

Op 13 Mei kan een junior- en een seniorspan aan die Dink-of-Sink Forumdebatkompetisie by Hoërskool D.F. Malan deelneem.

Verlede jaar het Hoërskool Stellenberg baie goed gedoen in die jaarlikse ATKV-Debatkompetisie. Twee senior spanne het aan die finaal deelgeneem en Anandi de Witt en Amy Brooks het landwyd derde gekom. Net soos in die verlede word slegs ses juniorspanne (drie per span) en ses seniorspanne (twee per span) toegelaat.

Die juniors word hoofsaaklik deur mej. Liezl van Rensburg afgerig en die seniors deur mev. René Badenhorst.

Die ATKV-kompetisie vereis intense navorsing en voorbereiding. Dit bly egter 'n aktiwiteit wat vaardighede aanleer wat nie net met mondeling help nie, maar ook met latere navorsing (veral by universiteite). Dit is veral 'n aanbeveling indien jy in die regte wil gaan studeer.

Vanjaar vind die eerste rondte op 6/7 Mei 2016 in Wellington plaas. Die semifinaal is op 11 Junie in die Paarl. Die junioronderwerp is: Die Suid-Afrikaanse onderwysstelsel voldoen (nie) aan die land se behoeftes (nie). Die senioronderwerp is: Die gebruik van Engels as onderrigtaal sal (nie) verdraagsaamheid in Suid-Afrika bevorder (nie).

 

Kontak Mev. René Badenhorst: Tel 021 919 1029, e-pos This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.

 

 juniordebat

 

seniordebat

Vir Gebruikers

Log in

Login to your account

Username *
Password *
Remember Me
Top